Meer oor ons
Die 3de Jaarlikse Yonder Hartsfees
Ons wil jou uitnooi om ons hande te versterk om fondse in te samel vir die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging in 2023. Dit bly ‘n groot uitdaging om in die behoeftes van die inwoners en diensgebruikers te voorsien wat daagliks die vaardigheidsontwikkelingsprogram bywoon. Dit is ons visie om hierdie program regoor die Noord-Kaapprovinsie uit te voer.
Die Geestesgesondheidsorggebruiker benodig die beste fasiliteite en sorg om waarde tot hul lewe toe te voeg. Ons gee erkenning aan hulle as vennote in hierdie feestelike aanbieding.
Ons bied dus die tweede Yonder Hartsfees vanaf 31 Augustus tot 3 September 2023 aan.


Almal is reeds hard aan die werk om die fees in 2023 groter, beter en meer feestelik te maak. Daar is baie geleer uit die 2de Yonder Hartsfees en die volgende verbeteringe op die feesterrein word reeds gedoen.
Suksesse van 2022 om op te bou:
135
Kunsmark Stalletjies
40
Kos Stalletjies
27 000
Besoekers
Ons Missie
Iets vir almal!
- Om die kunste in al sy genres onder die mense van Kimberley en die Noord-Kaap te bevorder.
- Om plaaslike kunstenaars, uitstallers en entrepreneurs die geleentheid te bied om hul talente ten toon te stel.
- Om plaaslike formele en informele besighede, die gemeenskap en liefdadigheidsorganisasies by die fees te bevoordeel.
- Om die gemarginaliseerde en afgeleë mense van die provinsie die geleentheid te bied om hul kultuur, sang, dans en musiek ten toon te stel.
- Om ekonomiese groei, toerisme en entrepreneurskap in die Noord-Kaap te stimuleer.
- Om vermaak, algemene onderwys en ook onderwys binne die kunste te verskaf.
- Om positief by te dra tot nasiebou.
- Om mense met ‘n intellektuele gestremdheid as vennote en mede-aanbieders van die Yonder Hartsfees te erken.
Ons tel af!
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)

Borgskap
Raak Betrokke
Maak ‘n verskil deur betrokke te raak. Ons verwelkom vrywillige hande om te help met die organisasie van die fees sowel as die potjiekos kompetisie.
Finansieële skenkings aan die Noord Kaapse Geestesgesondheidsvereniging word altyd verwelkom. Ons organisasie is ‘n geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie ingevolge Artikel 80 van die Inkomstebelastingwet 1962 en is goedgekeur vir doeleindes van Artikel 18A(1)(a) van die Wet. Skenkings is dus belastingaftrekbaar. Vind meer uit oor ons op ons webtuiste.
Yonder Hartsfees Besonderhede
Vind meer uit
Die Program
Bring die gesin en geniet ‘n heerlike fees gevul met plaaslike talent en unieke en interessante produkte by die feesstalletjies.
Stalletjies
Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir besighede om hul talent, produkte en dienste aan die gemeenskap ten toon te stel terwyl hulle heerlike kos, lekker musiek en hope pret geniet.
Kunstenaars
Kunstenaars en bekendes van reg oor die land word uitgenooi om hul talent ten toon te stel tydens die fees.
Bly op hoogte
Kry die nuutste inligting per epos





Borge
Ons Bedank ons Vennote
