yonder hartsfees 2024
OP DIE PROGRAM
Kos demonstrasies
Alwina van Malu is op haar beste met die voorbereiding van watertand geregte wat tydens die oggend voorberei word en waaraan almal gaan proe gedurende die saam kook en gesels.
Nicol Neethling
2 sessies vind plaas. Vrydag om 14:00 bied sy `n kursus aan in geregte soos aangedui op advertensie en Saterdag om 14:00 doen sy `n demonstrasie. By beide geleenthede word dit wat aangebied word as `n ete bedien.
Rocco de Villiers
Aandag alle dames!
Kom geniet ‘n heerlike oggend saam met klavier sensasie, Rocco De Villiers en plaaslike Mev. Heelal Semi-Finalis 2024, Charné Cronje.
Heerlike verversings, kwalliteit vermaak, “cocktail” demonstrasie EN toegang tot die feesterrein.
Jy kan dit nie mis nie! Bespreek jou tafel nou. Alle fondse ten bate van Yonder.
Sien jou daar! Hierdie is ‘n belewinis wat jou hart sal steel!!!!
Plaaskombuis
Vanjaar spog Yonder met sy eie opregte plaaskombuis wat deur die gemeenskap van Kakamas en Keimoes bedryf word. Dit is ontbyt om van te droom. Soiets beleef jy nie in `n restaurant of om enige kampvuur nie. Daar is 3 menus om van te kies wat insluit skilpadjies, kaiings, skaapstertjies, krummelpap, wors, roosterkoek. skaapvet, plaasbotter, jam, moerkoffie en so hou dit aan. Dit vind tot 11:00 die oggend plaas. Daarna volg `n heerlike potjiekos vir die dag. Elke dag `n ander gereg. Moet dit nie misloop nie. Dit vind net eenkeer per jaar plaas.
Dawie Roodt & Willem Basson
Sal baie interessant wees om te hoor wat dink Dawie van die Regering van Nasionale Eenheid en die invloed wat dit op die ekonomie het. Dit word by Die Horseshoe Inn aangebied.
Ons tel af!
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)