Reëls & Regulasies BETALINGS: Aansoeke sonder ‘n bewys van betaling sal nie oorweeg word nie. Geen tjeks word aanvaar nie. GEEN DEPOSITO’S sal aanvaar word nie. Slegs die volle bedrag!
SAKE-URE: Die kosmark is daagliks, vanaf 09:00 – 22:00 oop vir sake. Uitstallers met die nodige voertuig- permitte, en wat klaar geregistreer is, sal Woensdag, 24 Augustus 2022, van 09:00 tot 17:00 op die terrein toegelaat word om hulle stalletjie voor te berei. Gedurende die fees open die hekke vir stalletjiehouers om 07:30 in die oggende en alle voertuie moet om 08:30 uit die feesterrein verwyder wees. Let daarop dat geen stalletjiehouer op die terrein toegelaat sal word indien hulle nie geregistreer en in besit van die relevante toegangspermitte is nie. In die aand sal voertuie toegang hê vanaf 21:00 – 22:00. Alle uitstallers moet tot Sondag, 28 Augustus 2022 om 13h00, handeldryf. Geen voertuie sal voor 13:00 toegang verkry nie.
TOEGANGSPERMITTE: U ontvang 2 STALLETJIE-EIENAARTOEGANGSPERMITTE. Dit verleen toegang aan 2 persone per dag. Indien u bykomende permitte benodig, kan stalletjiehulp permitte teen R40.00 per persoon per dag gekoop word. Maksimum van 4 word toegelaat.
KOELDRANK-, SAP- & WATERVERKOPE: Die regte om koeldranke, sap en water te verkoop is gevestig in die Feeskomitee Bestuur. Geen van bogenoemde produkte mag deur die stalletjiehouers van buite die terrein in gebring word. Die produkte kan op die terrein teen ‘n nominale fooi van die Feeskomitee aangekoop word vir verspreiding.
ALKOHOL & SIGARETTE: GEEN verkope van tabak, tabak- of alkoholprodukte sal in die stalletjies toegelaat word nie.
HIGIËNE: Higiëne is van uiterste belang! U moet toesien dat alle higiëne maatreëls, soos bepaal deur die Sol Plaatje Munisipale regulasies (bekombaar by Omgewingsgesondheidsdienste: 053 830 6409) te alle tye nagekom word. Indien u stalletjie nie voldoen aan die higiëne maatreëls nie, moet u stalletjie onmiddellik, sonder terugbetaling, verwyder word.
GASVEILIGHEID, BRANDBLUSSERS & BRAAI-AREAS: Stalletjiehouers moet verkieslik van gas of houtskool gebruik maak. ‘n Maksimum van 18 kg vloeibare petroleumgas word per stalletjie toegelaat. U moet asseblief te alle tye ‘n 4.5 kg droë chemiese poeierbrandblusser, wat in ‘n goeie werkende toestand is en wat in die afgelope 12 maande gediens is, by u stalletjie beskikbaar hê. Alle braai-areas moet met ‘n heining afgeskort wees. Maksimum dromgroottes vir oop vure mag nie 100 liter oorskry nie.
KRAGPUNTE: Elke stalletjie kry EEN 15 AMP-KRAGPUNT en slegs een elektriese apparaat per kragpunt word toegelaat. Daar kan vir ‘n addisionele kragpunt aansoek gedoen word teen ‘n addisionele koste onderhewig aan beskikbaarheid. Stalletjiehouers moet hul eie verlengkoorde voorsien. Alle verlengkoorde moet 100% diensbaar wees en mag nie enige veiligheidsrisiko bied nie. Daar is GEEN 3-FASEKRAG beskikbaar nie. Stalletjiehouers wat oortree deur krag ontwettig te bekom, sal sonder enige terugbetaling, van die terrein verwyder word. Diegene wat elektriese onderbrekings veroorsaak, sal vir die skade aanspreeklik gehou word. Yonder Hartsfees 2022 Kosmark aansoekvorm FINAAL 22 Feb 22 Page 5 of 6
AKKOMMODASIE: Stalletjiehouers is daarvoor verantwoordelik om hul eie akkommodasie vooraf te reël. GEEN STALLETJIEHOUERS WORD TOEGELAAT OM OP DIE FEESTERREIN TE SLAAP NIE. Oortreders en hulle stalletjies sal verwyder word sonder terugbetaling. In die Yonder kampterrein, by die feesterrein, is ‘n beperkte aantal 5m x 7m kampeerplekke beskikbaar wat teen ‘n bedrag van R50,00 per persoon per dag gehuur kan word. ‘n Water- en kragpunt, is op die kampterrein beskikbaar. Basiese stort- en toiletgeriewe is naby die kampeerterrein beskikbaar. Kampeerplekke kan gedurende kantoorure by Aletha Schoeman by Yonder, 053 841 0532, bespreek word.
KANSELLASIES: Indien u na 8 Julie 2022 kanselleer, sal daar ‘n 10% + BTW van u stalletjie inskrywing geld as kansellasiefooi teruggehou word. Indien u egter na 28 Julie 2022 sou kanselleer, verbeur u u stalletjie inskrywinggeld. GEEN TERUGBETALINGS SAL DAN GEDOEN WORD NIE. Kansellasies moet skriftelik aan die bestuurder van markte gerig word. E-pos mail.yonder@gmail.com.
SEKURITEIT: Die feesbestuur doen alles moontlik om te verseker dat die feesterrein gedurende die tydperk van die fees veilig is, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir verliese nie. Likru Sekuriteit (053 832 1675) is die alleen-sekuriteitdiensverskaffer van die fees en is op eie koste vir individuele of groep- sekuriteitsdienste beskikbaar.
STALLETJIESTRUKTURE: Die struktuur van die stalletjie se konstruksie moet veilig, stewig en windbestand wees.
COVID-REËLINGS: Alle Covid-protokolle, soos van toepassing op daardie tydstip, moet streng nagekom word. Duidelike reëls sal voor die fees aan u deurgegee word wat u moet nakom. Sou die fees as gevolg van Covid gekanselleer word, sal u inskrywingsfooi terugbetaal word.
VOORWAARDES & VRYWARING:
Die fees kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese, skade of beserings gely gedurende die fees nie.
Geen onderverhuring word toegelaat nie.
Geen stalletjiehouers mag op die terrein oornag nie behalwe in die amptelike Yonder kampeerterrein.
Reg van toegang word voorbehou. Die feesbestuur behou die reg voor om stalletjiehouers te skors indien hulle nie die reëls nakom nie of hulself aan wangedrag skuldig maak.
Die feesbestuur aanvaar geen verantwoordelikheid vir die handhawing van konsessieregte tussen uitstallers nie. Geen kompeterende logo’s, met betrekking tot die fees se amptelike borge, asook geen vals handelsmerke sal toegelaat word nie.
Bemarkingsmateriaal (sambrele, pamflette, baniere) met ongemagtigde logo’s of ongemagtigde verkope sal gekonfiskeer word.
U moet u stalletjie vir die volle duur van die fees bedryf – geen uitsondering nie.
Toegang vir voertuie is nie oral moontlik nie. Neem asseblief kennis hiervan indien u produkte swaar is. U moet in besit van ‘n voertuigtoegangpermit wees om toegang tot die feesterrein te verkry en mag slegs die ingang, soos aangedui op die permit, gebruik.
Stalletjiehouers is self verantwoordelik vir die oprig van stalletjies. Die fees voorsien slegs die spasie. Yonder Hartsfees 2022 Kosmark aansoekvorm FINAAL 22 Feb 22 Page 6 of 6
Diegene wat die toegekende spasie oorskry, sal beboet word.
Klagtes en knelpunte kan direk met die bestuurder van markte opgeneem word.
Geen TROETELDIERE, ALKOHOL OF TABAKPRODUKTE word by stalletjies toegelaat nie.
SLEGS VOLLEDIGE AANSOEKE MET FOTO’S, BEWYS VAN BETALING EN ID-DOKUMENTE SAL OORWEEG WORD. AANSOEKE WORD HANTEER SOOS DIT ONTVANG WORD.
SLEGS PRODUKTE OP DIE AANVAARDINGSBRIEF GOEDGEKEUR, SAL TOEGELAAT WORD.
Stalletjiehouers se voertuie mag slegs in die stalletjiehouer-parkeergebied geparkeer word. Die feesterrein is ‘n geen-voertuig gebied. Geen voertuie mag tussen 08:45 en 21:00 binne die feesterrein geparkeer word nie.
Verdere reëlings sal op u aanvaardingsbrief aan u deurgegee word indien u gekeur word.
Vir algemene navrae, nie stalletjie verwant, kan u 053 841 0532 skakel.